Wen met Wanderlust Leather & Liefde Wen!

Wat is beter as om lekker vellies te dra of om jou hard-verdiende gelde in ‘n leer beursie te kan wegsit?

Jip

Om ‘n naweek weg vir jou & 3 vriende te wen NET vir die feit dat jy een van daardie produkte gekoop het!

Koop tussen 15 Februarie & 14 Maart enige Wanderlust Leather Liefde Wen produk en kom in aanmerking vir die groot prys!

Die Verkenners gee 2 inskrywings & die Ontdekker gee 1 inskrywing.

Ons goeie vriende by Nifty250 gooi ook so paar ekstra pryse in om die naweek te onthou…

50 x Prints

Large Album

Poster Frame

Nifty250 het ook ‘n 10% afslag koepon vir alle Liefde Wenners!

Gaan oor na hul webwerf en gebruik die kode

#liefdewen

by hul checkout en kry 10% af!

*let wel dat die kode in kleinletters moet wees

Die fynskrif:

  • Al wat benodig word om in te skryf is om ‘n ‘n paar Verkenners of ‘n Ontdekker te koop van Wanderlust.
  • ‘n Verkenner gee 2 inskrywings, ‘n Ontdekker gee vir jou 1
  • Die kompetisie is van 15 Feb 2019 tot 14 Maart 2019.
  • Finaliste word weekliks aangekondig.
  • 4 Finaliste word gekies, waarna elke finalis ‘n ekstra “taak” gaan moet voltooi.
  • Die wenner word Vrydag, 29 Maart 2019 aangekondig.
  • Daar is geen ouderdomsbeperking op die kompetisie nie.
  • Indien die wenner onder 18 jaar is sal skriftelike toestemming van ouers/voogde verkry moet word vir die naweek weg.
  • Indien die wenner onder 18 is, sal ‘n persoon iemand moet saamvat wat beide oor 18 is EN ‘n bestuurslisensie het.
  • Indien die wenner wel oor 18 is en nie ‘n bestuurslisensie het nie sal een van die vriende wel een moet besit (daar mag dalk ‘n mini roadtrip as deel van die prys)

Related Posts

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.