Liefde Wen Boekeprojek :: Randburg

‘n Tema wat homself konstant herhaal die afgelope paar maande is onderwys, maar vir al boeke.

Ons besef al hoe meer mense boeke benodig, maar hoe ‘n skaars ding dit is vir mense wat dit benodig, maar nie die finansies het nie, en daarom gaan #LiefdeWen al hoe meer begin hande vat met organisasies wat kan help met hierdie projek.

SOSCOM, die social committee of the Department of Business Management at Unisa, het ons genader met die idee om ou handboeke bymekaar te maak en dit aan Biblioteke in SA en Namibië te skenk sodat studente dit kan gebruik vir navorsings-doeleindes #NavorsingIsalles

Ons vriende by Betereinders het ingestem om ons daarme te help!

#ThanksOuens

Indien jy ENIGE handboeke het wat rondstaan en graag wil help, bring dit na:

Betereinders, 118 Martha Rd North (van Rabie Str af), Fontainebleau, Randburg

Ons wil graag almal deel maak hiervan, so deel asb die idee met almal wat jy ken… ALMAL!!!

Loer sommer bietjie na Betereinders HIER as jy meer info wil he oor wie hulle is en wat hulle doen.

Begin ‘n gesprek #Liefde Wen is sterk op pad na ‘n nuwe iets en om ons nuwe pad voor te berei wil ons graag jou hulp vra!

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.