2022 Ontwerp kompetisie!

Beste Liefde Wenners,

Die Ontwerp Kompetisie is terug!

DIE TEMA DIE JAAR IS: DINK BUITE DIE HARTJIE

Die Wenner staan ‘n kans om die volgende te wen:

 R1000 kontant.

Jou ontwerp op ‘n item (cap, hoodie, sweater of T-hemp) van jou keuse.

Shout out op Liefde Wen se feed

HOE DIE WENNER GEKIES WORD:

Die top 5 ontwerpe sal gekies word en op die webtuiste gelaai word.
Die ontwerp met die meeste verkope middel November is die wenner!

WAT JY NIE MOET DOEN NIE

Dink bietjie buite die hartjie as om net die hartjie in te vul.

AANVAARBAAR

Voorbeeld van om buite die hartjie te dink

WAT JY NIE MOET DOEN NIE

AANVAARBAAR

Hoe om die hartjie reg te gebruik indien jy dit die fokus wil maak:

AANVAARBAAR

Die reëls is heel eenvoudig!

Hier is jou geleentheid om met ons te deel wat jy in jou gedagtes sien wanneer jy dink aan Liefde Wen of die konsep van liefde wat wen. Jy kan ons logo op enige manier in jou ontwerp of illustrasie in werk. Jy het ‘n leë canvas, gaan groot!

DIGITALE INSKYWINGS:

Ons ontwerpers moet asseblief die volgende inligting indien saam met hul #LiefdeWen ontwerpe –

Ontwerpe moet in 300dpi .pdf formaat wees as ook deursigtig .png

SKETSE/ ILLUSTRASIES

Alle sketse of illustrasies moet asseblief op wit papier ingedien word sonder enige lyntjies in die agtergrond ?

Alle ligte beplanning strepe moet uitgevee wees.

-Ingediende ontwerpe moet asseblief in die vorm van ‘n ingeskandeerde foto wees. As julle as ontwerpers onseker voel oor hoe om dit reg te doen, gaan asseblief na jou naaste #PostNet toe en vra dat hulle jou ontwerp inskandeer na foto formaat en epos na info@liefdewen.co.za ?

Alle ontwerpe moet van ‘n hoë definisie .pdf 300dpi wees en #PostNet doen dit gelukkig outomaties.

Liefde Wen het onststaan oor ons gevoel het die wêreld kan doen met ’n bietjie ekstra liefde, en daai liefde is simplisties en nie gekompliseerd nie, dis die liefde binne my en jou vir medemense en wie ook al voor jou staan en wie ook al jy dink liefde moet kry.

Liefde Wen is nie gekoppel aan ’n sekere kultuurgroep, seksuele oriëntering, ’n sekere agtergrond of ’n sekere geloofsoortuiging nie. Liefde is iets wat ons almal binne ons het, maak nie saak wat jou storie of jou agtergrond is nie, en dis die liefde wat ons wil deel, die liefde wat binne jou is met al jou seer en bagasie as mense.

Wanneer jy deel neem aan die ontwerp kompetisie, dink wyd, dink buite die boks, moenie binne ’n seker geloofs uitkyk, kultuuruitkyk of raamwerk dink nie. Dink aan wat jy dink die wêreld sal wil sien en wat jy dink die wêreld sal inspireer.

Ons regulasies 

‘n Maximum van 5 ontwerpe per persoon word toegelaat.

Ontwerpe wat op #Canva gemaak word, word nie aanvaar nie omdat die ontwerpe nie outentiek of oorspronklik is nie.

#LiefdeWen aanvaar geen plagiaat nie, maar ontwerpers word toegelaat om die oorspronklike #LiefdeWen logo te gebruik in hul eie ontwerpe

Geen verdere gelde of tantieme (gaan vra jou oupa en ouma) kan gevra word in die gebruik van ingevorderde ontwerpe nie.

Ons vra dat alle #Ontwerpers die tyd neem om vertroud te raak met die reëls en regulasies van die kompetisie.

Ons sien baie uit na wat ons #LiefdeWen ontwerpers kan produseer.

 

Sterkte!

E-pos alle inskrywings na info@liefdewen.co.za met

Naam & Van van ontwerper
as ook ouderdom en
Instagram handle.

Sluitings datum: 14 Oktober