#LWBrille is HIER!!!

Vir die gemiddelde persoon is daar ‘n eenvoudige proses om jou sig te korrigeer…

Gaan na ‘n Optometris, kry ‘n toets, kry ‘n bril en siedaar.

Vir ‘n groot gedeelte van ons land se bevolking is dit egter nie so eenvoudig nie en verskeie faktore verhoed mense om ‘n kwaliteit oogtoets, rame & lense te kan kry.

Liefde Wen het hande gevat met met Amiici Vision & Optique en deur verskeie netwerke om areas te vind waar visie benodig word.

SO hoe help jy?

Deur vir jou ‘n paar #LWBrille aan te skaf word jy deel van projek #RaamVirNiet

Vir elke bril wat jy koop, word ‘n gratis oogtoets & enkelvisie raam geskenk aan iemand wat dit regtig benodig, maar nie kan bekostig nie!

Dankie vir jou ondersteuning… jy help Suid-Afrika beter sien.

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.