NEEM ASB KENNIS DAT ALLE "SALE" ITEMS BINNE 3-5 WERKSDAE GESTUUR SAL WORD, ITEMS WAT NIE OP SALE IS NIE, NEEM 10-12 WERKSDAE OM TE VOLTOOI WEENS N TOENAME IN AANLYMLN BESTELLINGS

 

AFLEWERING / HOE LANK NEEM BESTELLINGS?
Alle "Prints" word per bestelling gemaak en neem dus 5-7 werksdae om te voltooi en dan stuur ons. Alhoewel ons altyd so gou moontlik probeer maak om die bestellings uit te stuur!
Items wat reeds in voorraad is sal bv gouer gestuur word as items wat nog geprint moet word. 
Aflewering kan tussen 2-4 werksdae neem, afhangend van jou area, maw jy kan aflewering verwag binne 2-3 dae in groot stede, maar tot en met 7 dae wag as jy in Kathu is! 

HET JULLE ANDER WINKELS?
Nee, ongelukkig nie meer nie, MAAR ons hoop dat ons weer sal kan hê! Indien jy n winkel het en belangstel om ons produkte aan te hou en te verkoop, stuur asb vir ons n epos na [email protected] 

HET JULLE "DIE" ITEM?
Indien dit nie op die webblad is nie, is dit nie in voorraad nie, maar jy kan vir ons n epos stuur na [email protected] sodat ons jou eerste kan laat weet as die item weer in vooraad is! 
KAN JULLE DIE IN ANDER KLEURE PRINT?
Ja ons kan! Indien jy opsoek is na iets spesifiek, stuur asb n epos aan [email protected]. Ons kan vir julle enige T hemde "customise", maar let wel dat daar n ekstra fooi aan verbonde is wat ons dan eers sal deur stuur as n kwotasie. 
HOE BETAAL EK?
ShopstarPay, Payfast, EFT, Snapscan :)
Payfast is vreeslik maklik om te gebruik, volg die skakel om meer uit te vind --> https://www.payfast.co.za/about-us
So ook Snapscan --> https://www.snapscan.co.za/downloads/SnapScan%20Payments%20Guide.pdf
Maar indien jy EFT, let asb dat daar n 2 dae wag tydperk kan wees tot die gelde reflekteer wat dan bygetel moet word by jou afleweringstyd. Maak groot asb seker as jy EFT dat jy jou BESTELNOMMER gebruik as verwysing sodat ons dit gou by die regte bestelling kan plaas. 
KLAGTES
Ons wil altyd die beste kwaliteit produk- en diens lewer, maar soms glip daar iets deur voor ons dit kan vang!

Materiaal is soms foutief wat nie dadelik sigbaar is nie of soms was 'n print ongelukkig uit as gevolg van hitte wat verlore gaan met ons drukproses, maar... ASB laat weet ons dadelik sodat ons die glipsies kan reg maak --> [email protected] 
OMRUILINGS
Ons kan beslis items omruil, maar daar sal n R115 omruilingsfooi wees om die klere weer af te laai, gee asb ook 5-7 werksdae grasie om seker te maak ons het die gewensde voorraad.
LET WEL
Kleure mag soms verskil van skerm ---> na drukker ---> na was. Klere se kleur-graad mag soms verskil tussen vragte, dit geld ook vir die kleur van die "prints". Ons kan nie die kleur presies waarborg nie.